playlist

Hierdie Kind (afrikánská) - text

Wie sou kon dink dat eeue terug soos die profete sê,
In Betlehem ‘n kind sou kom wat in ‘n krip sou lê
En wie sou kon dink dat hierdie kind, Maria en Josef se seun
Die sonde van hierdie wêreld op homself sou neem
En wie sou kon glo dat hierdie Kind wat lag en speel en sing
Vir al Sy maatjies in die buurt en vir ons die lig sou bring
En wie sou kon glo dat hierdie kind die wonder laat gebeur
Dat dooies opstaan en dowes hoor en sondaars hul bekeer
En wie sou kom raai dat hierdie kind vir ‘n wêreld se pyn en nood
As Verlosser aan ‘n kruis sou sterf en opstaan uit die dood.
En o, ek weet, ek weet dit gewis dat hierdie kind die Redder is,
En o, ek glo, ek glo dit gewis, dat hierdie kind ons hoop en redding is.
Soos die jare kom en gaan sedert daardie dag
soek die mensheid steeds na lig nog nooit was dit so nag.
Volke veg teen volke, een broer teen die ander,
wit teen swart en swart teen wit dit het nog nooit verander.
En soveel mense wêreldwyd leef steeds in hongersnood
En atoombomme en vigs en aborsies maak steeds miljoene mense dood
En die dwaasheid van die mensheid word wysheid van die uur.
En strome vuil besoedeling vernietig die natuur.
Maar te midde van al hierdie chaos wat ons glad nie meer kan keer
Weet my hart verseker hierdie kind kom weer
En o, ek weet, ek weet dit gewis dat hierdie Kind die Redder is,
En o, ek glo, ek glo dit gewis, dat hierdie kind ons hoop en redding is.
Wie sou kon dink dat hierdie kind weer eendag terug sal keer
Om as regter te kom oordeel en as Koning te regeer
Verstaan jy nou hoe kan jy sien wie hierdie kindjie is
Dat Hy die Redder die enigste hoop vir hierdie wêreld is.

Text přidala Richenza

Video přidala Richenza


Přihlášení

Registrovat se

Afrikánské koledy

Vánoční koledytexty

Tento web používá k poskytování služeb, personalizaci reklam a analýze návštěvnosti soubory cookie. Používáním tohoto webu s tím souhlasíte. Další informace.